Adolescent girls' access to contraceptive information and services in South Africa: what is going wrong? (1)

Translated title of the contribution: Adolessente meisies se toegang tot voorbehoedsinligting en -dienste in Suid-Afrika: Wat gaan verkeerd?

Oluremi A. Savage-Oyekunle, Annelize Nienaber

Research output: Contribution to journalArticle

Abstract

Opsomming
Die realiteit is dat adolessente deesdae vroeër in seksuele verhoudings betrokke raak, en sal kwesbaar word vir geslags- en reproduktiewe gesondheidsprobleme. Veral adolessente meisies word blootgestel aan seksueel-oordraagbare infeksies soos MIV, en loop verder die risiko van ongewenste swangerskappe. Ten spyte van die bestaan van internasionale en regionale menseregte-instrumente wat die reg van adolessente meisies op toegang tot voorbehoedsinligting en -dienste verskans, en eweneens ten spyte van Suid-Afrika se grondwetlike en siviele regsraamwerk wat hierdie regte waarborg, is daar vele struikelblokke wat verhinder dat adolessente meisies toegang tot voorbehoedsinligting en -dienste geniet. Hierdie artikel ondersoek dus, eerstens, die Suid-Afrikaanse regsraamwerk wat die reg op toegang tot seksuele en reproduktiewe gesondheidsorginligting en -dienste van adolessente meisies waarborg en, tweedens, die struikelblokke wat hierdie meisies teëkom wanneer hulle poog om toegang tot sodanige dienste te verkry. Derdens word die reperkussies van die bestaan van hierdie struikelblokke vir adolessente meisies ondersoek. Ons voer aan dat om adolessente meisies te verhinder om toegang te geniet tot realistiese en omvattende voorbehoedsinligting en -dienste baie nadele vir die gemeenskap inhou. Aangesien die verwesenliking van goeie geslags- en reproduktiewe gesondheidsuitkomste nie net daarvan afhang dat 0 staat regionale en internasionale menseregte-instrumente ratifiseer nie, of die regte ook in sy munisipale regstelsel inkorporeer nie, moet ouers en ander belanghebbendes ook gewillig wees om 0 gesindheidsverandering te ondergaan teenoor adolessente se seksualiteit.
Translated title of the contributionAdolessente meisies se toegang tot voorbehoedsinligting en -dienste in Suid-Afrika: Wat gaan verkeerd?
Original languageOther
Pages (from-to)363-379
Number of pages17
JournalJournal of Contemporary Roman-Dutch Law
Volume78
Issue number3
Publication statusPublished - Aug 2015
Externally publishedYes

Profiles

No photo of Annelize Nienaber

Annelize Nienaber

Person: Academic

Cite this