Abstract
Opsomming
Met die vooruitgang van mediese tegnologie en die daaropvolgende toename in medici se vermoë om intensiewe indringende sorg aan neonate te voorsien, kom al hoe meer komplekse etiese dilemmas na vore. Baie lewens word dan ook geraak wanneer H neonaat gebore word aan die buitegrense van lewensvatbaarheid. Die neonaat ondergaan intensiewe, indringende behandeling en ondervind pyn en lyding terwyl daar geen sekerheid is dat haar toestand sal verbeter nie. Dit is ook H tydperk van lyding vir hul families. Die artikel ondersoek die reg en etiek met betrekking tot die besluitnemingsproses in H situasie waar H neonaat met H ernstige gebrek of terminale siekte gebore word, of aan die buitegrense van lewensvatbaarheid. Daar word spesifiek ondersoek ingestel daarna of die bestaande regsraamwerk wat die einde-van-lewe besluitnemingsproses oor neonate reguleer wel toereikend is, deur die Suid-Afrikaanse reg daaromtrent te ontleed. Die fokus is op die behandeling van neonate met ernstige siektes en gebreke en die regsdilemmas wat met sodanige behandeling en besluitneming gepaard gaan. Ons bevind dat die ontwikkeling van behoorlike regulasies of H protokol kan bydra tot etiesen regskorrekte besluite in Suid Afrikaanse hospitale en dat sodanige ontwikkeling deur die Grondwet, 1996 ondersteun word.

Translated title of the contribution | Die reg betreffende einde-van-lewe-besluite oor neonate in gevaar in Suid-Afrika: waar engele bang is om te wandel |
---|---|
Original language | Other |
Pages (from-to) | 432-449 |
Number of pages | 18 |
Journal | Journal of Contemporary Roman-Dutch Law |
Volume | 80 |
Issue number | 3 |
Publication status | Published - 1 Aug 2017 |
Externally published | Yes |
Keywords
- South Africa
- Euthanasia